Suksesverhale
Click here for information in English

Lizanne van Zyl

Mev L van Zyl: “Die resultaat met die gebruik van die Audiblox-kursus was verstommend. Sy het geen probleme meer t.o.v. onderskeiding tussen links en regs nie en skryf ook nie meer agterstevoor nie. Haar konsentrasie het baie beslis verbeter…. Sy het tydens die prysuitdeling ‘n sertifikaat vir verdienstelikheid in lees en skrif ontvang. Sy ontvang ook ‘n boekprys vir Wiskunde, vir die beste punte behaal in Graad 1. Dit was ook vir ons ‘n bewys dat Audiblox nie net vir kinders met ‘geweldige’ probleme is nie, hoe groot of hoe klein jou kind se probleem, hy/sy kan slegs baat vind by die program.”

***

Mev Lana Botha, Dendron: “Chris is in die koshuis en lesse word oor naweke gedoen…. Ongelooflike verbetering in spel en lees. Waar mens altyd moes raai wat hy skryf is daar nou feitlik geen spelfoute. Sinsbou is ook baie beter.”

***

Mev C E Woite, Ventersdorp: “Die Graad 2 juffrou het pouses met haar in die klas deurgebring om haar te probeer help. Teen die tyd, het sy geen maats gehad nie, het gedurig van maagpyn gekla, en het sleg geslaap…. Haar skoolwerk het drasties verbeter. Sy snap dinge baie vinniger, leer baie makliker, presteer beter in atletiek en is ‘n gelukkige, gesonde, normale 10 jarige, met baie maats. Sy het selfvertroue en sal feitlik enige taak aanpak. Haar handvaardigheid is goed — haar skrif het verbeter. Kortom, sy het van ‘n kind met DOODGEDAGTES in ‘n pragtige engel vernader! En ek dank die Vader dat sielkundiges ook verkeerd kan wees!”

***

Mev Pretorius, Montana Park: “Sy is nou 6 maande besig met Audiblox en ons het reeds ‘n verskil van 10% gemiddeld meer per vak gesien op haar rapport na 3 maande…. Ons is so tevrede met die verbetering in haar skoolwerk, haar taalwerk en haar selfvertroue…. Ons as ouers is baie dankbaar vir ‘n program soos Audiblox. Het ons maar tien jaar terug geweet daarvan dan het ons nie duisende rande aan terapieë gespandeer en nog steeds deur al hierdie probleme met ons kind in die skool gegaan nie.

***

Crisjan Venter

Mev R Venter, Parow: “Crisjan kan nou stories skryf, spel beter en wil nou graag lees. Indien hy leeswerk vir huiswerk het doen hy baie meer as waarvoor gevra word, hy lees sommer die hele storieboek. Hy het ook ‘n beter selfbeeld want hy sien hy kan en is trots op homself.”


***

Mev E Lombard, Vanderbijlpark: “Die eerste kwartaal het ek vir hom alles geleer en hy moes memoriseer. Die tweede kwartaal na hy met die program begin het, het hy geleer tesame met my hulp. Die vierde kwartaal het hy absoluut op sy eie geleer en het ek nie eers weer sy werk gekontroleer nie.”

***

Raymond Vroom

Mev E Vroom:Audiblox het ‘n nuwe lewe vir Raymond Vroom geskep. Van ‘n skugter en skaam, teruggetrokke, rebelse seuntjie het hy ontwikkel tot ‘n juweel in die huis…. Oplettendheid en geheue is nou sy sterk punte. Musiek is nou ook ‘n nuwe wêreld wat vir hom oopgegaan het. Sy geheue vir woorde van ‘n liedjie wat hy slegs eenmaal gehoor het, is fenominaal.

Hy is ‘n groot sportman. Hy is kaptein van sy rugbyspan en speel ook muurbal. Hy is baie lief vir atletiek…. Raymond het nog altyd die waaroms en die hoekoms in die lewe gevra, maar sy swak leesvermoë het hom gekortwiek om die antwoorde te vind. Audiblox het sy leesverrmoë so verbeter dat daar nou geen keer aan hom is om al die vrae beantwoord te kry nie. Hy gaan nou elke dag biblioteek toe, lees gereeld in dagblaaie en ensiklopedieë en vind antwoorde op sy vrae….”

***

Mev Lize du Toit, Caledon: “Haar wiskunde het die laaste kwartaal met 24 punte gestyg. Die onderwyser was heeltemal verbaas.”

***

Malan Cillié

Mev T Cillié: “Malan het meer selfvertroue… Hy het aanvanklik baie gesukkel met lees maar het algaande beter begin lees. Ek dink hy het in die laaste paar maande ongelooflik verbeter en lees al regtig mooi — ook met die nodige aksent. Hy het so merkwaardig verbeter dat ‘n paar van die onderwyseresse en ‘n paar ouers my een middag kom sien het om meer oor die metode te gesels.”


***

Petrus Etsebeth: “Baie dankie vir Audiblox. My selfbeeld het baie verbeter en my gesindheid teenoor my studies het baie verander. My konsentrasie en geheue het ook verbeter. My ouers se standpunt is dat Audiblox 'n baie beter erfenis is as goud of silwer, want dit help my in alle opsigte om 'n beter student te wees, en om die genot van prestasie te smaak.”

***

Mnr D H Hartman: “Heinrich het met baie min selfvertroue by die Audiblox-program aangesluit. Hy het ook baie probleme gehad om te konsenteer. Ons het besluit dat hy beslis hulp nodig het, en van Audiblox gehoor. Dit was ‘n laaste uitweg, omdat ons nie meer geweet het om hom te help nie.

Voordat Heinrich met die program begin het, was dit nie vir hom moontlik om vier sinne in ‘n uur te studeer nie. Dit het letterlik ure geduur om hom te help om te studeer, selfs dan het hy nog steeds nie baie goeie punte behaal nie. Sy geheue het hom ook in die steek gelaat. Hy kon eenvoudig nie onthou nie. Hy het geen voorliefde vir lees gehad nie.

Sommer baie gou nadat Heinrich met Audiblox begin het, was dit weer tyd om toets te skryf. Ek kon skaars glo dat hy na ‘n halfuur teruggekom het en gesê het dat hy sy werk ken. Ek het toe besluit om hom ‘n paar vrae te vra. Groot was my verbasing toe hy heel bedaard die antwoorde ewe rustig op al die vrae gee sonder om te huiwer. Ek het dadelik besef dat die Audiblox-klasse baie meer vir Heinrich beteken het as wat ek gedink het. Hy het nou geen probleme om te studeer nie.

Hy het kom vra om by die plaaslike biblioteek aan te sluit. Hy lees nou baie graag en vertel ook van die dinge wat hy gelees het graag oor. Hy kan dan baie interessant gesels oor baie van die dinge waarvan hy voorheen nie geweet het nie.

Sy klasonderwyseres het gekla dat sy nie vir Heinrich punte vir mondelinge werk kan gee nie, aangesien hy eenvoudig botweg geweier het om voor die klas te staan en praat. Gedigte wou hy ook nie voordra nie. Sy was genoodsaaklik om vir hom punte te gee op grond van wat sy buite die klas gehoor het wanneer hy met sy maats praat. Heinrich het nou baie meer selfvertroue en praat met gemak wanneer mondelinge oefeninge gedoen moet word. Dit is nou ‘n plesier om te sien hoe hy hom vir mondelinge werk voorberei wat hy voorheen glad nie wou doen nie….”

***

Americo

Mev A Lottering, Vereeniging: “Americo my seun (agt jaar oud), het hierdie jaar begin met Audiblox. Ek kan regtig die verskil sien in sy konsentrasievermoë. Sy kort- en langtermyngeheue het baie verbeter. Sy manier van redeneer en verskille oorweeg is werklik fantasties. Met sy skoolwerk doen hy so goed en presteer regtig pragtig in alle opsigte.”

***

Prof E van Niekerk: “Vir die eerste keer is daar werklike hoop in die stryd teen leer- en leesprobleme, nie net binne nie maar ook buite die klaskamer. Dr Strydom moet gelukgewens word met ‘n revolusionêre, briljante, maar terselfdertyd eenvoudige en maklik toepasbare program.”

Vir meer suksesverhale en gevallestudies van oral oor die wêreld, kliek hier.