Audiblox Kursus vir Individuele Gebruik
Click here for information in English

Audiblox
  • Slegs vir individuele gebruik.
  • Kan tuis of in die skool gebruik word.
  • Opleiding word deur middel van 'n DVD en 'n handleiding verskaf. Die DVD en handleiding is ingesluit in die pakket.
  • Ander materiaal sluit gekleurde blokkies, ‘n leesboek en woordkaarte, letterkaartjies, kleurkaarte en 'n gratis Compublox CD in. Compublox bevat vier Audiblox-oefeninge wat ter aanvulling gebruik kan word, en is geskik vir Windows XP/2000/ME/98.
  • Die volgende programme is ingesluit:

Disleksie/Leesprogram: Die woord disleksie beteken “sleg lees.” Hierdie program word aanbeveel vir leerders wat 'n leesprobleem het. Een of meer van die volgende simptome kan 'n aanduiding van 'n leesprobleem wees: (1) Omkerings — verwar b en d met mekaar, lees of skryf “een” vir “nee,” ens. (2.) Weglatings — lees of skryf “kat” as die woord eintlik “kant” is. (3.) Lees stadig en hortend. (4.) Spel woorde soos wat hulle klink, byvoorbeeld “sienkie” in plaas van “seuntjie.” (5.) Lees met swak begrip, en onthou min van wat hy lees.

Disgrafia/Handskrifprogram: Die woord disgrafia beteken “swak skryf.” Hierdie program spreek beide lees- en handskrifprobleme gelyktydig aan.

Spelprogram: Hierdie program word aanbeveel as die leerder se leesvermoë op standaard is — insluitend sy leesbegrip — maar hy sukkel met spelling.

Wiskundeprogram: Hierdie program word aanbeveel as die leerder se leesvermoë op standaard is — insluitend sy leesbegrip — maar hy sukkel met Wiskunde.

Skoolgereedheidsprogram: Hierdie program berei die voorskoolse leerder voor vir lees en leer. Leerprobleme kan dus voorkom word.

Program vir Hoërskoolleerders en Volwassenes: Hierdie program verbeter die konsentrasie en geheue van die hoërskoolleerder of volwasse student.

PRYS: R1300-00 (BTW en posgeld ingesluit). Om te bestel kontak Susan du Plessis by 083-390-7964 of stuur 'n epos aan info@audiblox2000.com