|
Audiblox Kursus vir Onderwysers
Click here for information in English |
|
Audiblox Suid-Afrika Wat is Audiblox? Audiblox Tuisprogram Kursus vir Onderwysers Suksesverhale Kontak Ons |
Audiblox kan in groepsverband aangebied word, óf teen vergoeding, óf as deel van die skoolprogram. Onderwysers, wat in die namiddae Audiblox-klasse teen vergoeding wil aanbied, moet aan elke groep ‘n minimum van drie klasse per week van ‘n uur elk gee. Klasse word aan groepe leerders gegee. Tot 15 kinders kan gelyktydig onderrig word. Die onderrig word in drie vlakke aangebied. Nuwe leerders begin altyd in Vlak 1. Wanneer ‘n leerder ‘n bepaalde vlak van prestasie bereik het, word hy bevorder na Vlak 2. Sodra hy weer genoegsame vordering gemaak het in Vlak 2, word hy bevorder na Vlak 3. Voorskoolse kinders word ook in drie vlakke hanteer, vir 25 minute op 'n keer. ‘n Persepto, 500 groot woordkaarte, asook 10 leerlingstelle en 10 werkboeke is ingesluit in die pakket. Audiblox kan in skoolverband gebruik word:
Kommentaar: “Dit is nou vier jaar sedert ek my Audiblox-opleiding ontvang het. Wat ‘n wonderlike voorreg was dit nie in hierdie tyd om met kinders te kon werk nie. Die ouers en onderwysers kan nie uitgepraat raak oor die resultate wat ons hier by ons sentrum, wat ek en my man begin het, behaal nie. “Ons sentrum se naam is Arauna Motivering- en Verrykkingsentrum. Hier gee ons Audiblox-klasse en het ook ‘n naskool. Enigiets oor kinders en veral dit wat hulle ontwikkeling belemmer, word deur ons nagevors. Ons kan met groot dankbaarheid sê dat Audiblox regtig ‘n verskil in kinders se lewens maak. “Binne twee weke sê die onderwysers dat daar reeds ‘n verskil in die houding van die kinders in die klas is. Hulle is meer ywerig om te werk en meer doelgerig in die uitvoering van opdragte. Na so min as twee maande kom daar reeds ‘n verbetering in die kinders se skoolpunte voor. Die punte verbeter van 40% na 60%, van 50% na 75%, en selfs van 80% na 90%. Daarom is dit juis ons ondervinding dat ons heelwat top tien leerlinge ook in die klasse het. Audiblox maak daardie verskil, regoor die spektrum van ‘n normale skoolklas. Baie van ons leerlinge (ook toppresteerders) hou ook nie op met die klasse nie, omdat daar altyd nog ‘n uitdaging in die volgende klas is en omdat die klasse ook altyd interessant bly. “Vir kinders met wiskundeprobleme, gebrek aan konsentrasie, lees- en spelagterstande en vir daardie groep wat net nog beter op skool wil doen, is Audiblox regtig die antwoord.” Maryna Smith. Opleiding: Ten einde Audiblox in groepsverband te kan aanbied, word opleiding benodig. Die volgende persone kan gekontak word vir opleiding:
|